Darem meer as moffies? Stereotipering in die voorstelling van homoseksueles en homoseksualiteit in die Afrikaanse jeugliteratuur : geesteswetenskappe
Notice bibliographique
Résumé
hierdie artikel word daar op vergelykende wyse aangetoon watter stereotipes in die voorstelling van homoseksueles en homoseksualiteit in die Afrikaanse jeugliteratuur onderskei kan word, asook hoe hierdie stereotipes deur middel van kognitief-narratologiese prosesse bydra om heteronormatiwiteit te bevraagteken, of die bevraagtekening daarvan juis teen te werk. In die artikel word elf Afrikaanse jeugromans geidentifiseer waarin gay karakters voorkom, naamlik: Tyd van herkenning (1984) en Klaprose teen die wind (1992) deur Marzanne Leroux-Van der Boon; Barrie Hough se Vlerkdans (1992), Skilpoppe (2000) en Breek (saam met Lizz Meiring 2002); Francois Bloemhof se Slinger-slinger (1997) en Nie vir kinders nie (2005); Jackie Nagtegaal se Daar's vis in die punch (2002); Marita van der Vyver se Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom (2002); Derick van der Walt se Lien se lankstaanskoene (2008); en Uit (2014) deur Fanie Viljoen. In ooreenstemming met internasionale tendense is daar ook in Afrikaanse jeugverhale 'n opvallende verskuiwing van narratiewe afstand ten opsigte van gay karakters, asook 'n toenemend kleiner fokus op die sogenaamde nature/nurture-debat. Stereotiepe binere opposisies tussen hetero en gay karakters, daarenteen, bly sterk aanwesig. Hierdie stereotiepe teenstelling blyk onder meer uit die sterk mate van verwyfdheid van gay karakters in die meer onlangse jeugliteratuur, maar ook deurdat die gay karakter gereduseer word tot lusobjek. 'n Besonder opvallende tendens is die byna volkome afwesigheid van lesbierkarakters in die Afrikaanse jeugliteratuur, wat die indruk versterk dat die tipe literatuur gendergebonde is. Die verhouding tussen homoseksualiteit en Christenskap blyk ook (nog altyd) buitengewoon gekompliseerd te wees binne die Suid-Afrikaanse konteks. Ten spyte daarvan dat Suid-Afrika die enigste land op die Afrika-kontinent is waarin die regte van homoseksuele deur die Grondwet beskerm word en diskriminasie op grond van seksuele orientasie strafbaar is, huiwer die Algemene Sinode van die NG Kerk om duidelik standpunt in te neem oor hoe welkom gay lidmate is; word lesbiers in sommige gemeenskappe gemolesteer en selfs doodgemaak, en word daar steeds talle gevalle van xenofobie in die media vermeld. Die gevolgtrekking van hierdie artikel is dat dit op hierdie stadium byna onmoontlik is vir Afrikaanssprekende Suid-Afrikaanse tieners om in hulle eie taal 'n positiewe jeugroman oor homoseksualiteit in die hande te kry waarin heteronormatiwiteit teengewerk of ten minste bevraagteken word. More than merely moffies : stereotyping in the representation of homosexuals and homosexuality in youth literature In the first issue of the literary journal Guillotine Carney (2012) argues in an article titled In search of the gay youth novel in Afrikaans that there is a seemingly never-ending drought within literature in the area of gay youth novels, and that it has become high time that an voice resounded to offer young readers in unprejudiced gay youth literature. According to Carney it is usually the case in that gay characters in youth novels are rare and stereotypical. After a synoptic analysis of six youth novels Carney comes to the conclusion that the stereotype of gay people that emanate from literature is that they are either flamboyant or die tragically. Due to its exploratory nature and conciseness - it is in fact only two pages long - Carney's article is far from comprehensive. His article could, for instance, have been supplemented and expanded with regard to both the number of gay novels that he mentions and the detail in which they are discussed. The aim of the investigation on which this article is based was precisely to fill this gap by showing in a comparative manner which stereotypes can be distinguished in the representation of homosexuality (and especially homosexual characters) in youth literature, as well as how these stereotypes contribute by way of cognitive-narratological processes to a questioning of heteronormativity, or to counter the questioning.
Récupéré en direct depuis OpenAlex et désinversé. Les résumés ne sont pas conservés dans cette base de données : les index inversés représentent 8,6 Go des 9,3 Go de texte de la base, et le serveur dispose de 13 Go libres.
Comment cette classification a été obtenuedéplier
Prédiction machine sur la base complète
Imitation des enseignantsNi prévalence calibrée, ni vérité terrain. Validation humaine à venir. Le volet Gemma est une étiquette directe du modèle pour chaque travail de la base, lue sur la notice réduite au titre. Le volet Codex est un classifieur appris des 10 348 étiquettes directes de Codex et calibré sur les taux pondérés de l'échantillon; les champs sans appui suffisant ne portent aucun appel Codex. Le mode candidate est l'union des deux volets; le consensus est leur intersection. Ces sorties portent le statut machine_predicted_unvalidated et ne sont pas des étiquettes humaines.
Scores du classifieur distillé par catégorie (deux têtes)
| Catégorie | Codex | Gemma |
|---|---|---|
| Métarecherche | 0,002 | 0,004 |
| Méta-épidémiologie (sens strict) | 0,000 | 0,000 |
| Méta-épidémiologie (sens large) | 0,000 | 0,000 |
| Bibliométrie | 0,001 | 0,001 |
| Études des sciences et des technologies | 0,007 | 0,012 |
| Communication savante | 0,008 | 0,008 |
| Science ouverte | 0,001 | 0,005 |
| Intégrité de la recherche | 0,001 | 0,004 |
| Charge utile insuffisante (le modèle a refusé de juger) | 0,013 | 0,002 |
Scores machine (provisoires)
Les deux têtes enseignantes du modèle étudiant, lues sur ce travail. Un score ordonne la base pour la relecture; il n'affirme jamais une catégorie, et le statut de validation accompagne chaque rangée tel quel.
Scores de référence d'un modèle non mature (critères de maturité non atteints, 7 itérations). Un score ordonne; il n'affirme jamais une catégorie.
score_only:v0-immature-baseline · tel quel depuis la passe de notation : score_only signifie que le nombre peut ordonner les travaux, et qu'aucune étiquette de catégorie n'en découleClassification
machine, non validéePrédiction automatique; un appel candidat d’une seule source (Gemma direct ou Codex distillé), pas un consensus.
Le détail, modèle par modèle et score par score, se trouve en fin de page sous « Comment cette classification a été obtenue ».