Bibliographic record
Abstract
Die regspraak en die daaropvolgende onlangse literatuur oor die geldigheid en effek van pacta commissoria by pandreg maak dit duidelik dat hierdie aspek van die saaklike sekerheidsreg in die Suid-Afrikaanse reg 'n sekere mate van onsekerheid en onduidelikheid vertoon. (Sien Mapenduka v Ashington 1919 AD 343; Sun Life Assurance Co of Canada v Kuranda 1924 AD 20; Graf v Buechel 2003 4 SA 378 (HHA); Bock v Duburoro (Pty) Ltd 2003 4 All SA 103 (HHA); Citibank NA v Thandroyen Fruit Wholesalers CC 2007 6 SA 110 (HHA) wat eersgenoemde betref en vir laasgenoemde Badenhorst, Pienaar en Mostert Silberberg and Schoeman's The Law of Property (2006) 368; Schulze Parate executie, pacta commissoria, banks and mortgage bonds 2004 De Jure 256, Parate executie and public policy. The supreme court of appeal provides further guidelines 2005 Obiter 710 716.) Handboeke behandel die onderwerp grotendeels kursories en onbevredigend. Talle fasette van hierdie onderwerp moet na my mening egter verder oordink en beredeneer word. 'n Pactum commissorium (vervalbeding; ook bekend as 'n lex commissoria - lex word hier nie in die betekenis van wet nie, maar in die betekenis van gebruik; sien Verhagen 67) is 'n beding in die sekerheidsooreenkoms ingevolge waarvan die skuldeiser by wanbetaling deur die skuldenaar eiendomsreg van die pandsaak verkry. Voor ek tot die bespreking van die Suid-Afrikaanse regsposisie oorgaan, wil ek daarop wys dat enige verdere navorsing of uitsprake oor vervalbedinge na my mening gebrekkig sal wees as daar nie van Verhagen se bovermelde artikel kennis geneem word nie. Hierdie omvattende regshistoriese en regsvergelykende bespreking van die aangeleentheid is nie alleen 'n voortreflike regsbron vir hierdie afdeling van saaklike sekerheidsreg nie, maar behoort ook 'n inspirasiebron vir menige akademici te wees - tegelykertyd, vanwee die omvang en deeglikheid daarvan, is dit ook uiters intimiderend. Twee appelhofuitsprake, Mapenduka v Ashington en Graf v Buechel, dien as aanknopingspunte vir enkele gedagtes wat ek oor die onderwerp vir bespreking wil oopstel. As uitgangspunt neem ek die uitspraak in die Graf-saak.
Fetched live from OpenAlex and de-inverted. Abstracts are not stored in this database: the inverted indexes are 8.6 GB of the frame’s 9.3 GB of text, and the host has 13 GB free.
How this classification was reachedexpand
Full frame machine prediction
Teacher imitationNot calibrated prevalence, not ground truth. Human validation pending. The Gemma side is a direct model label for every work in the frame, read from the title-only record. The Codex side is a classifier learned from the 10,348 direct Codex labels and calibrated to design-weighted sample rates; fields without enough sample support carry no Codex call. Candidate is the union of the two sides; consensus is their intersection. These outputs are machine_predicted_unvalidated and are not human labels.
Distilled classifier scores by category (both heads)
| Category | Codex | Gemma |
|---|---|---|
| Metaresearch | 0.002 | 0.004 |
| Meta-epidemiology (narrow) | 0.000 | 0.001 |
| Meta-epidemiology (broad) | 0.000 | 0.001 |
| Bibliometrics | 0.001 | 0.001 |
| Science and technology studies | 0.007 | 0.005 |
| Scholarly communication | 0.008 | 0.006 |
| Open science | 0.001 | 0.004 |
| Research integrity | 0.008 | 0.008 |
| Insufficient payload (model declined to judge) | 0.027 | 0.004 |
Machine scores (provisional)
The two teacher heads of the student model, read on this work. A score orders the frame for review; it never asserts a category, and the validation status ships verbatim with every row.
Baseline scores from an immature model (maturity gate not passed, 7 training rounds). Scores rank; they never assert a category.
score_only:v0-immature-baseline · verbatim from the scoring run: score_only means the number may rank works, and no category label ships from itClassification
machine, unvalidatedMachine predicted; a candidate call from one source (direct Gemma or distilled Codex), not a consensus.
How this classification was reached, model by model and score by score, is at the end of the page under "How this classification was reached".