A cause of action raising a triable issue in a class action: reconsidering the certification threshold
Bibliographic record
Abstract
In Children’s Resource Centre Trust v Pioneer Food (Pty) Ltd (2013 2 SA 213 (HHA)) het ar Wallis verskeie vereistes vir sertifisering van ’n groepsgeding neergelê. Hierdie vereistes is later deur die konstitusionele hof tot blote faktore gerelegeer wat oorweeg moet word onder die hoofoorweging van die belang van geregtigheid. Een van die sertifiseringsfaktore is dat daar ’n eisoorsaak moet bestaan wat ’n beregbare kwessie openbaar. Appèlregter Wallis het bevind dat die toets wat van toepassing is om te bepaal of ’n pleitstuk eksipiabel is, gebruik moet word om te bepaal of daar wel so ’n eisoorsaak teenwoordig is. Die doel met hierdie artikel is om die benadering van die Suid-Afrikaanse hoër howe te evalueer om te bepaal of daar in die betrokke sertifiseringsaangeleenthede aan die bostaande faktor voldoen is en om sekere voorstelle te maak aangaande die manier waarop ons howe in die toekoms verkieslik met hierdie kwessie moet omgaan. Die uitspraak van r Unterhalter in De Bruyn v Steinhoff International Holdings NV (2022 1 SA 442 (GJ)) vorm die grondslag van die artikel. Die benadering van die prominente buitelandse jurisdiksie van Ontario in Kanada word ook in die artikel oorweeg. Uiteindelik word in die artikel geargumenteer ten gunste van die handhawing van ’n minder streng benadering om te bepaal of ’n eisoorsaak ’n beregbare kwessie openbaar. Eksepsies behoort deur ’n verweerder geopper te word vir oorweging deur die verhoorhof na die groepsgeding van stapel gestuur is. Die sertifiseringshof behoort bloot te bepaal of dit duidelik en voor die hand liggend is dat die eisoorsaak onhoudbaar is. Indien wel, is sertifisering onwaarskynlik omdat dit nie sou sin maak om ’n groepsgeding in sulke omstandighede te sertifiseer nie, ongeag of daar aan die ander sertifiseringsfaktore voldoen is. Maar, waar die houdbaarheid van die eisoorsaak onduidelik is, behoort dié faktor ten gunste van sertifisering te werk, met die verhoorhof wat later kan bepaal of die eisoorsaak eksipiabel is.
Fetched live from OpenAlex and de-inverted. Abstracts are not stored in this database: the inverted indexes are 8.6 GB of the frame’s 9.3 GB of text, and the host has 13 GB free.
How this classification was reachedexpand
Full frame machine prediction
Teacher imitationNot calibrated prevalence, not ground truth. Human validation pending. The Gemma side is a direct model label for every work in the frame, read from the title-only record. The Codex side is a classifier learned from the 10,348 direct Codex labels and calibrated to design-weighted sample rates; fields without enough sample support carry no Codex call. Candidate is the union of the two sides; consensus is their intersection. These outputs are machine_predicted_unvalidated and are not human labels.
Distilled classifier scores by category (both heads)
| Category | Codex | Gemma |
|---|---|---|
| Metaresearch | 0.064 | 0.134 |
| Meta-epidemiology (narrow) | 0.001 | 0.001 |
| Meta-epidemiology (broad) | 0.001 | 0.002 |
| Bibliometrics | 0.003 | 0.001 |
| Science and technology studies | 0.026 | 0.029 |
| Scholarly communication | 0.026 | 0.026 |
| Open science | 0.005 | 0.021 |
| Research integrity | 0.037 | 0.040 |
| Insufficient payload (model declined to judge) | 0.032 | 0.004 |
Machine scores (provisional)
The two teacher heads of the student model, read on this work. A score orders the frame for review; it never asserts a category, and the validation status ships verbatim with every row.
Baseline scores from an immature model (maturity gate not passed, 7 training rounds). Scores rank; they never assert a category.
score_only:v0-immature-baseline · verbatim from the scoring run: score_only means the number may rank works, and no category label ships from itClassification
machine, unvalidatedMachine predicted; a candidate call from one source (direct Gemma or distilled Codex), not a consensus.
How this classification was reached, model by model and score by score, is at the end of the page under "How this classification was reached".